#headerblock img { display:block; margin:0 auto; } checked

Podcasts

Helen’s podcasts


 

First guest of the morning on Kyknet’s Die groot Ontbyt, talking about freelancing and the Southern African Freelancers’ Association.

 


 

The Afrikaans version of this podcast is available here.

 


 Rand en sent

RSG_logo-300dpi

 

Madeleine Schubert - Citadel

Madeleine Schubert, belastingkundige van Citadel, saam met my in RSG se Rand en sent-ateljee.

 


 5 April 2015 Rand en sent: ‘n Sakevrou vertel hoe sy haar onderneming sonder enige skuld begin en dit na vyf jaar steeds skuldloos bedryf.

 

29 Maart 2015 Rand en sent: Lojaliteitskaarte – wie vind baat? Met Belinda Brink van Clicks. Dawie Roux van Legatus Trust beantwoord luisteraarsvrae oor testamente.

 

22 Maart 2015 Rand en sent: Wie mag erf en wie nie? Helen Ueckermann praat oor testamente met Dawie Roux van Legatus Trust, en spesifiek oor verskillende omstandighede waaronder benoemde erfgename in testamente gediskwalifiseer kan word.

 

8 Maart 2015 Rand en sent: Helen Ueckermann praat met Anton Roelofse van Business Partners oor klein sakeondernemings, en waarom ‘n begroting die deurslag kan gee vir sukses of mislukking.

 

1 Maart 2015 Rand en sent: Jan Taks gaan een van die dae sy pond vleis by jou kom eis. Helen Ueckermann praat met Madeleine Schubert, belastingvennoot van die finansiëledienstemaatskappy, Citadel, oor hoe om jou belastingopgawe te benader.

 

15 Februarie 2015 Rand en sent: Hoe bepaal jy die vervangingswaarde van jou huishoudelike items vir korttermynversekering? Hoe werk belasting op jou aftree-neseier as jy die dag ophou werk? En hoe wys is dit om jou pensioen voortydig in kontant om te sit? Helen Ueckermann praat hieroor met Elmarie Twilley van die korttermynversekeraar VirSeker, Sonia du Plessis van Brenthurst Wealth, en André Venter van die vakbond UASA.

 

8 Februarie 2015 Rand en Sent: Wie kan nog bekostig om af te tree? En wie wil nou tussen ouderdom 60 en 90 iewers op ʼn stoep sit en kyk hoe ander mense die lewe geniet? As jy jou aftreejare wil geniet, moet jy of genoeg geld hê, of jy moet ʼn alternatiewe plan maak. Meeste mense sal moet tevrede wees met die alternatiewe plan, wat dalk glad nie so sleg is nie… Helen Ueckermann praat met Sonia du Plessis van Brenthurst Wealth oor hoe jy die beste van jou goue jare kan maak.

 

1 Februarie 2015 Rand en sent: Uitverkopings kan onnodige aankope beteken. Met Linette Retief, verbruikersjoernalis van Rapport.

 

25 Januarie 2015 Rand en sent: Helen Ueckermann praat met Daleen van Wyk, ‘n onafhanklike mediakonsultant, oor haar eenmansaak, en wat dit verg om jou eie klein besigheid van die huis af te bedryf.

 

18 Januarie 2015 Rand en sent: ‘n Testament is dalk die laaste ding waaraan jy wil dink, maar om een behoorlik op te stel en op datum te hou, is ‘n geskenk aan jou geliefdes. Helen Ueckermann praat met Dawie Roux, fidusiêre konsultant van Legatus Trust, oor hoe jy te werk moet gaan.

 

11 Januarie 2015 Rand en sent: Dis ‘n nuwe jaar en tyd vir nuwe geldslim gewoontes. Hoe gaan jy jou geldsake slimmer aanpak in 2015? Meer spaar? Beter beplan? Meer ekonomies begroot? Helen praat hieroor met Ronald King van PSG Welvaart.

 

4 Januarie 2015 Rand en sent: Om te gaan studeer, is ‘n duur storie, soms vir die studente, maar meestal vir die ouers. Charlotte Smit van Eduloan praat oor studielenings, en hoe om jou kredietrekord skoon te hou.

 

21 Desember 2014 Rand en sent: Helen Ueckermann praat met André Venter, woordvoerder van die vakbond UASA, oor hoe matrikulante, gegradueerdes of ander afgestudeerde jong Suid-Afrikaners wat nou begin werk soek, werk kan kry en na watter eienskappe werkgewers op soek is.

 

For more podcasts:  Soek vir Rand en sent!